Na die rowwe nag met die slapery is die geluide om 5 uur van volk wat vuur maak n verligting. Die reuk van skaap hang swaar in die bytende oggend luggie. Kraal waar ons geslaap het is regs agter.
Hoe dit werk is dat ons aanjaag tot bakkies klein raak dan moet iemand terrugstap om hul te gaan haal. Frans se seun kan bestuur en ek leer dadelik vir my oudste. Na 3 saamryery is sy ok tot ma se ontsteltenis los ek haar. geen probleem.Die ongevalle begin ook nou inkom.
Daar is altyd een wat wil bakkie ry. Die volg stuk pad is baie rof oor n rant deur n riviersloot en ek bied aan om die roadtrain te sleep. Die Pajero stel my nie teleur
By ons oornag kamp by Stadler se kamp kry ons die eerste lam toe n merino besluit dit is tyd.
Die wind waai ons hier uitmekaar en ons maak kamp in n rivierbedding wat verligting bring. Ons sit lekker en kuier om die vuur en is 8 uur al in die bed. Moeg en vuil maar tevrede na n moeilike trekdag.
Ek slaap die aand soos n klip en Liesel probeer weer die kar slapery
vervolg
