Page 1 of 1

Karavaan sleep

Posted: Tue Apr 12, 2016 9:45 pm
by lourensvanwyk
Hi alma
Ek het n 2008 pajero2.3did swb. Ek wil graag n karavaan sleep maar almal raai my af om te sleep met hom. gee raad asb :?: :?:

Re: Karavaan sleep

Posted: Wed Apr 13, 2016 8:22 am
by CATS
Hoekom raai hulle jou af?

Pajero het een van die beste sleep "ratings" in Suid Afrika!

Daar is wel 'n paar goed wat ek sou seker maak:
1. Maak seker die sleepstang is voldoende. Ek verkies sleepstang wat ten minste 4 aanhegtingspunte per kant het. Party het slegs twee en dan kan die hegtingspunte uitskeur uit die raam van die voertuig met swaar massas.
2. Party mense sleep in die tiptroninc/handrat gedeelte maar ek vind die outomaties heel goed. Mens moet hom maar net vroegtydig afskop om 'n laer rat te kies as jy 'n bult aanvat. Hou die revolusies eerder bietjie meer as wat die ratkas onnodig hard werk in 'n te hoe rat en dalk warm word.
3. Maak miskien seker die ratkas olie is gereeld en onlangs met die KORREKTE MITSUBISHI ratkas olie gediens. Die korrekte olie behoort die ratkas genoegsaam te beskerm waar hy harder werk met sleep.
4. Ek het ook gevind dat as mens "off road" sleep dat mens eerder vroer as later die laestrek ratte moet kies om die engin en ratkas te help om nie onnodig swaar te werk nie.

My gen4 Pajero "voel" effens minder "torque" sterk as my ou gen3 maar hy trek steeds baie goed.
Die Pajero is ook 'n ongelooflike stabiele voertuig en laat hom nie sommer rondgooi met 'n vrag gehaak nie.
Effens van 'n irritasie is dat mens soms nie die agterdeur kan oopmaak as jou woonwa gehak is nie, maar mens kan paar vernaderinge maak om daarmee te help as dit 'n probleem is.

Hak en ry!

CATS

Re: Karavaan sleep

Posted: Wed Apr 13, 2016 10:08 am
by Roelf_le_Roux
Lourens,
Hier is n goeie afrikaanse antwoord vir enige iemand wat jou sulke stories vertel: "RUBBISH".

Kla hulle oor die Pajero, of engine, of ratkas of die kort stert van die SWB?

Ek het 'n outydste groot, swaar Jurgens met n SWB (2006 3.8V6) gesleep - soos n droom.

Re: Karavaan sleep

Posted: Wed Apr 13, 2016 3:19 pm
by 4ePikanini
N Pajero is n top klas sleep voertuig. Hak en ry.

Re: Karavaan sleep

Posted: Wed Apr 13, 2016 9:01 pm
by cloyd
Lourens,

Ek stem 100% saam met die vorige kommentaar. Roelf het tog so mooi manier om iets duidelik te stel!!

Ek sal die volgende byvoeg en ek weet dit werk want ek doen dit self wanneer ek sleep:

a. Op teer en soliede oppervlaktes bv sement, kies 4H. Met die stelling kan jy ry totdat die perde horings kry. Niks sal verkeerd gaan nie.
b. Wanneer jy op gruis / grondpad sleep, kies 4HLc MAAR NB: sodra jy weer op soliede oppervlakte kom, kies weereens 4H. Indien jy in 4HLc bly kan dit lei tot probleme.

Dit is baie belangrik dat jou ratolie skoon en die korrekte tipe is. Wanneer die ou olie geruil word, MOET die omsetter en verkoeler ook leeggepomp word. Eers dan is die olie skoon en alles vervang. Die handelaars doen nie graag die volle omruiling nie want dit is ekstra moeite en werk en neem tyd in beslag.

Cloyd

Re: Karavaan sleep

Posted: Sun Apr 17, 2016 8:28 pm
by tinsmith
Hi Lourens

The guys trying to talk you out of towing with a Pajero may not have had the pleasure of driving a Pajero.
We use my gen 4 swb to move Sea Rescues boat from venue to venue, the boat is just over 2 tons add a few crew and it's an easy exercise. Each time its been a pleasant experience.

As Roelf asks, is it the motor, the gearbox or the short tail they have a problem with?
In my opinion its all of those factors that sets it apart.

Hak en ry. You'll love.

A word of warning though, if you are towing a Ventertjie don't forget it's there.