Page 1 of 6
Brandstof verbruik van Pajero`s
Posted: Mon Jul 18, 2016 12:28 pm
by Hannes van Heerden
Ek het `n Pajero Sport gery vir 192,000 kilometers en my gemiddelde
brandstof verbruik was so 9 kilometer per liter ongeag of ek 50 of 500 ppm diesel gebruik het . Ek het sopas die voertuig ingeruil op `n nuwe Shogun met die verstandhouding dat my brandstof verbruik aansienlik gaan verbeter. Volgens al die advertensies en toetse wat gedoen is op die Shogun is die brandstofverbruik oor die 10 kilo per liter. My Shogun kry slegs gemiddeld 8 en partykeer minder as 8 kilo per liter en is dus slegter as die vorige 3.2 wat ek gery het. Ek bly op die platteland en ry meestal lang afstande en gewoonlik so 123 kilo per uur. Indien ek stadig ry in die stad is sy verbruik nog erger. Ek het ook `n Pajero GLX Series 4 en sy brandstof verbruik was `n bietjie beter as die vorige Sport maar met `n gemiddeld van tussen 9 en 10 kilometer per liter baie beter as die nuwe Shogun. Ek sal graag wil hoor by ander Shogun eienaars of dit normaal is en indien nie wat staan my te doen. My vriende wat met Toyota Fortuner`s ry kry almal oor die 10 en sommige 11 kilo per liter en hoop ek regtig dat die Pajero`s nie soveel slegter as die kompetisie doen nie. Ek ry al vir jare Mitsubishi voertuie en is die Shogun selfs swaarder op brandstof as my eerste 3litre petrol Pajero. Die nuwe Comonrail diesel pompe is voorwaar swaarder op brandstof as die vorige gewone diesel pomp. Is daar iemand in Suid Afrika wat weet hoe om die pompe te stel. Dit wil my nie so voorkom nie.
Ek hoop iemand het vir my raad
Hannes
Re: Brandstof verbruik van Pajero`s
Posted: Mon Jul 18, 2016 2:26 pm
by CATS
Hannes
Het jou vorige voertuie ook "roofrack" op gehad soos die Pajero Sport Shogun? Dit maak omtrent so 1km/l verskil aan brandstof as jy groot roofrack soos die Shogun sin op het in my ervaring.
CATS
Sent from my LG-H815 using Tapatalk
Re: Brandstof verbruik van Pajero`s
Posted: Mon Jul 18, 2016 6:24 pm
by Hannes van Heerden
Ek het met my Pajero Sport met `n "roofrack" plus 50 liter diesel en 50 liter water en nog losgoed op, die Skedelkus gaan ry en het op die oop pad beter gedoen as die Shogun. Ek voel net as die Shogun regtig so swaar is op brandstof dan moet Pajero dit erken en nie mense om die bos ly met 8.5 liter per 100 kilometer nie. Is daar dalk iemand wat weet waar ek my Shogun kan laat nagaan om te sien of sy pomp reg gestel is
Brandstof verbruik van Pajero`s
Posted: Wed Jul 20, 2016 1:50 pm
by REAList
Jy praat van Mitsubishi wat in die sop is oor hulle brandstofverbruike in Japan gekook het.
Die Pajero moet eers inloop.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Brandstof verbruik van Pajero`s
Posted: Thu Jul 21, 2016 7:49 am
by Robb
Hi Hannes
Got new Pajero Sport Shogun in March this year and just reached 10,000km. I'm a very light-footed driver. Removed the roof-rack from day 1 and had Tough-Dog springs added aftermarket; are the only changes made. Up to now on average I consistently get 600km per tank (just) between refills - means somewhere around 11l/100km (approx. 9km/l) - this is urban/open-road combined. I must say I was also a bit disappointed in the beginning because even on the open road at 120km/hr, on average you still end up around the same average fuel consumption. Before the PS I had a Freelander II which on my last trip to JHB averaged around 7-8 l/100km travelling mostly 130 km/hr.
But, then again I recently completed the Matroosberg 4x4 drive up to the snow (very first attempt at any kind of "serious" off-road track) - I was surprised that the ave. fuel consumption didn't change and still got the combined 600km off the tank!
[Also, the capability of that vehicle is just amazing since it never put one foot wrong even though I'm inexperienced - despite being continuously held up by a LR Discovery and a LR Defender in front of me - must have been the drivers(?)]
So in summary - PS is a proper off-roader - very capable - yes, old school but reliable, and very appealing package vs new Fortuner or new PS for that matter. All told 11 km/l is not bad for what it is. I also have a friend with a new Toyota Fortuner and he hasn't got under 10l/100km yet, combined cycle - I think the driving style makes a difference, but PS is one of those vehicles, it seems, no matter how nicely you try to drive it - it still comes back with the same fuel consumption.
P.S. from new the engine was incredibly tight, and only now it is starting to loosen up a bit - I'm also expecting the fuel consumption to come down a bit (but only a bit) with time.
This is my experience
Cheers
Rob
Re: Brandstof verbruik van Pajero`s
Posted: Thu Jul 21, 2016 8:18 am
by Hannes van Heerden
Baie dankie vir julle terugvoer.
Maak nie `n fout nie, ek ry al jare Pajero`s en Colts vandat hulle uitgekom het. Die hele reeks bly, wat my aan betref, van die beste 4x4 voertuie en verseker die beste waarde vir geld van alle 4x4 voertuie in SA. Ek het nog nooit enige meganiese moeilikheid gehad nie. Ek het net gevind vandat die Comonrail enjin uitgekom het is die brandstofverbruik slegter. Ek sou verwag dat die nuwe tegnologie veronderstel is om beter te wees. Ek persoonlik dink dit is slegs `n kwessie van die pomp in te stel. My Shogun het nou 25000 kilos op en sal ek met my volgende diens kyk of daar nie iets gedoen kan word nie. Indien daar `n verbetering is sal ek julle op hoogte hou. EK het ook al baie saam met ander voertuie op toer gegaan en is my ondervinding dat die kamstige voertuie wat so lig op brandstof is gooi maar op die ou einde net soveel brandstof in soos ek. Geniet julle Pajero`s al is hy maar `n bietjie dors.
Groete
Hannes
Re: Brandstof verbruik van Pajero`s
Posted: Wed Aug 03, 2016 8:27 pm
by Stefan Grobler
Goeie naand.
Ek is nuut in die Pajero gemeenskap en nog nie, met die onus op "nog nie" 'n Pajero Sport eienaar nie. Ek wwas hierdie Julie saam met my vrou, haar suster en my swaer Lesotho toe met sy Pajero Sport. Die Sport het my geweldig beindruk van snelwee, tot die sneeu en ys by Afriski en dan nog 4x4 roete by Clarens, gedeelte vd roete was ook nog nie uitgelê nie en vd hindernisse was tussen 'n 4 tot 'n 5... Die Sport het als kaf gedraf asof dit vir hom niks is nie!
Terwyl ons vd trip af terug Pta toe gery het, het ek al die Sport begin navors en rakende die brandstof verbruik my vraag: Sal 'n "Unichip (Plug-and-Play)" wat ingestel is vir die engin se brandstof verbruik nie help om die Sport bietjie ligter op brandstof te maak nie?
Re: Brandstof verbruik van Pajero`s
Posted: Wed Aug 10, 2016 6:10 am
by Hannes van Heerden
Hallo Stevan
Ek het wel `n "plug and play" in my vorige Pajero Sport ingesit en het ek wel meer krag gehad maar kan ek nie sê dat ek `n noemenswaardige beter brandstof verbruik gekry het nie. EK wens net iemand wat meer weet as ek van die nuwe Comonrail pompe kan met my in verbinding kom . Ek is vas oortuig dat daar een of ander instelling of sagteware is wat die pomp kan instel dat dit meer effektief is. Of die ander SUV`s nou soveel beter is sal mens seker nooit weet nie. Ek sal as ek kyk na die betroubaarheid van die Mitshibishi voertuie is die feit dat hy nou `n bietjie swaarder op brandstof is as die ander SUV' s in sy klas `n baie klein opoffering om te maak. Ek dink ek is ook geregtig om die stelling te maak nadat ek reeds sewe Pajero's, ses Colt's en twee Tritons gery het wat altesaam al amper drie miljoen kilometer gedoen het . Sovêr beindruk die nuwe Sport my nogal en gaan ek volgende week my Jurgens Explorer Karavaan met hom sleep in plaas van die Pajero GLX en sal ek terug rapporteer hoe ek hom gevind het.
Laastens bly ek by my standpunt dat hierdie voertuie verseker die beste waarde vir geld is en nie terugstaan vir enige ander SUV op die mark nie
Re: Brandstof verbruik van Pajero`s
Posted: Sun Aug 14, 2016 9:27 am
by A.B
Ek ry my 2006 Pajero 3.2 GLX nou al so 18 maande en hou log van brandstof. Kan die volgende se wat ek gevind het. Alles is 'combined cycle'.
Gekoop met 235/85/16 bande op.
Sonder dakrak = 8.5km/l
Sit toe frontrunner dakrak op = 7.6km/l
Verander toe na mags met standaard 265/65/17 bande.
Met dakrak = 9.4km/l
As ek medium grootte boot sleep teen so 110km/h = 6.8km/l
Wat ek hieruit aflei is dat die voertuig brandstofverbruik nogal sensitief is vir enige iets wat ratkas bietjie swaarder laat werk en langer vat om in 'overdrive' te gaan.
Groete
Brandstof verbruik van Pajero`s
Posted: Mon Aug 15, 2016 4:47 am
by REAList
A.B wrote:Ek ry my 2006 Pajero 3.2 GLX nou al so 18 maande en hou log van brandstof. Kan die volgende se wat ek gevind het. Alles is 'combined cycle'.
Gekoop met 235/85/16 bande op.
Sonder dakrak = 8.5km/l
Sit toe frontrunner dakrak op = 7.6km/l
Verander toe na mags met standaard 265/65/17 bande.
Met dakrak = 9.4km/l
As ek medium grootte boot sleep teen so 110km/h = 6.8km/l
Wat ek hieruit aflei is dat die voertuig brandstofverbruik nogal sensitief is vir enige iets wat ratkas bietjie swaarder laat werk en langer vat om in 'overdrive' te gaan.
Groete
Ek het 'n tyre calculator app gebruik en hier is die resultaat:
Jou nuwe bande se kleiner od het die revs per km laat op gaan met 3.813419% maar jou verbruik is beter met 1,8 km/l.
Die aanname dat die Pajero se uitstekende ratkas baie gevoelig is dus 100% korrek en die dieselverbruik is nie in verhouding nie met hoe die revs klim nie.
Vraag is waar is die goue middeweg en wat kan mens omtrent dit doen?
Die groter koste van bandvervangings sal moeilik geregverdig wees deur die brandstofbesparing.
Sent from my iPad using Tapatalk