Skaap trek merweville na ceres karoo dag 4 ( C )
- dawie botha
- Country: RSA
- Vehicle: 2000 Pajero
Post
Skaap trek merweville na ceres karoo dag 4 ( C )
.
Ons kom moeg en baie vuil by die kampie op Holsloot aan. Tyd vir rus is daar nie en skaap moet eers gevoer en water gegee word. Frans staan persoonlik en kyk as hulle suip dat een nie verdrink. Hulle beur en trap op mekaar om voor te kom.
Trekker die mak skaap. Die seuns gaan kry hom elke keer tussen al daai skaap uit om met hom te speel.
karoo se mooi sonsondergange.
Ek trap nie n riel nie, ek probeer die klippe uit my slaapplek uit kry.Ons braai n vinnige worsie met brood en natuurlik baked beans vir groente. Abegaile gaan saam my in die tent slaap op n stretcher en ek op die grond.. Ma doen weer die kar ding saam met Elbie wat sukkel om gesond te word.Dit was weer n harde dag en ek is nou al gewoond aan die stof. 4de dag met dieselfde klere aan. Volg