
Ons beplan om die Wildekus 4x4 roete te doen gedurende Desember.
Enige inligting of advies sal waardeer word. Hier is 'n lysie van paar plekke wat ons oorweeg om aan te doen asook sommige van die "unknowns" wat belangrik mag wees:
Begin by Morgan's Baai en eindig by Coffee Baai
Kampplekke tussen-in sluit in Mazeppa Baai, dalk Mangrove Estuary asook enige ander plek wat bereikbaar is.
Ons wil nie hard-core 4x4 doen nie
Wil ook nie meer as 4/5 ure per dag ry voordat ons kamp opslaan nie.
Geen voertuig het snorkels, so ons wil ook nie diep / gevaarlike "water crossings" doen nie;
Ons voertuie:
- Ford bakkie 4x4
- Isuzu bakkie 4x4
- Pajero 3.2 DiD SWB
is die paaie rybaar gedurende Desember?
sal die motors krap?
sal 'padbou' nodig wees of is dit grondpaaie wat min of geen padbou sal benodig?
Daar is nog baie meer vrae, maar ek dink die besluit moet eers gemaak word of die trip aan is of nie alvorens ek ander vrae lys.
Volgens T4A is daar meer as een roete om by plekke uit te kom alhoewel die roetes aangedui word as "Wild Coast 4wd-trail". So is daar bv sekere gedeeltes wat as "Off road" aangedui word en ander wat as "gravel" getoon word - Enige raad mbt dit?
Dankie!